Ons storie

Ons is die deurmekaar-verbale-luide-gesin-van 7, andersins bekend as die Le Roux's

Pieter is ons pappa. Hy is is 'n dominee en werk net naweke en saans. In sy vrye tyd speel hy met die kinders. Hy maak preke, doen huisbesoeke en kan die heel lekkerste varsgebroude koffie in die wêreld maak. Hy het groen vingers en hou van tuinmaak, bome (veral broodbome), oefen, lees en braaivleis (veral as iemand anders die vleis braai.

Karyna is ons mamma.  Sy hou van kinders (daarom het sy 5), lees, oefen en speel. En sy sukkel om ons huis netjies te hou. Sy het altyd nuwe planne maar maak nie altyd haar ou planne klaar nie. 

 

Adri is ons ousus. Sy is 'n regte egte ousus wat pleisters plak as die seuns val, deeg knie vir brood en pannekoek bak. Sy hou van droom, speel, lees en stories luister.

Pieter is ons lego-bouer, diereliefhebber. Hy ken elke slang, tier en dier en sal jou paar dinge van almal vertel. Vol energie spring en hardloop hy orals waar hy wl wees.

Willem is ons sosiale kind. Mense hou van hom en hy hou van mense. Hy wil net altyd 'n vuurtjie maak. Sagte hart en liewe-drukkie seuntjie.

Jakobus is ons enig-in-sy-soort, weet-wat-hy-wil-hê, slaan-'n-bal-altyd-raak seuntjie. Met sy groot, bruin oë draai hy almal om sy pinkie. En op 2jaar het hy 'n woordeskat van 'n volwassene.

Louis is ons blou-oog, glimlag baba wat wat maar net altyd teverede is met die lewe. Hy lag oor alles en dink sy boeties is die snaakste goed wat bestaan.

Stuur 'n boodskap
  • Facebook Black Round
  • Twitter Black Round

© 2020 MyGesin

Proudly created with Wix.com