Karyna le Roux

1 min

Gesig: Ek hou van...

Updated: Dec 7, 2022

Ek hou van...

Ek hou van gediggies
 
met ritme en rym
 
Ek hou van blink liggies
 
wat skitter en skyn


 
Ek hou van lekker liedjies
 
wat almal saam kan sing
 
Ek hou van goeie kiekies
 
wat mooi herinneringe bring

Ek hou van middagstappies
 
veral in die natuur
 
Ek hou van vars sappies
 
behalwe suurlemoensap – dis te suur!


 
Ek hou van borrelbad
 
met lekkerruik skuim
 
Ek hou van speel op die mat
 
maar ek hou nie so baie van opruim

Ek hou van melkkos
 
met baie suiker en kaneel
 
Ek hou van sjokolade
 
maar dis iets wat ek nie graag deel


 
Ek hou van kuier en gesels
 
maar soms bly ek eerder stil
 
Ek hou van diertjies met sagte pels
 
maar ek is versigtig vir ‘n krokodil!

Ek hou van mooi musiek
 
waarop ek kan dans en sing

Ek hou van ‘n goeie fliek
 
veral as ek springmielies saam kan bring
 
Ek hou van roomys op ‘n warm dag
 
en ek hou daarvan om uit my maag te lag!
 

Ek hou vreeslik baie van lego’s en lugkastele bou
 
maar eintlik hou ek die heel meeste
 
net van jou!!

-Karyna le Roux