top of page

17 Voorlees boeke vir kleuters

As 'n mamma van 'n amper 5-jarige en 2-jarige is ek altyd op die uitkyk vir lekker voorlees boekies. Ons gesin probeer elke dag tyd inruim vir lees. Hier is 'n paar boeke of reekse wat ons baie geniet het om saam te lees of wat vir ons 'n lewensles of twee geleer het.

(Kliek op die titel vir 'n skakel na waar om die boek te koop)


Hierdie is twee oulike harde blad boekies vir 0 tot 3-jariges. Die bladsye is vol tekstuur en oplig en soek prentjies wat hul aandag trek.


Hierdie boek is deel van die reeks Groot treë. Die reeks bestaan uit 5 boeke wat groot mylpale in kleuters se lewe aanspreek en hul help daarmee. Hierdie is die perfekte boek om jou kleuter voor te berei vir kleuterskool toe gaan. Dit vertel ‘n basiese storie van ‘n maatjie wat kleuterskool toe gaan en verduidelik mooi wat als daar gebeur. Daar is ook oulike idees vir ouers oor hoe om hul kleuter voor te berei vir die groot stap.



Dis ‘n kort storie ideaal vir 2 tot 6-jariges met die mooiste alleterasie en woordeskat. Die boekie is ook geskryf op ‘n herhalende ritme en kinders kan dit maklik volg en onthou. Dit gaan oor ‘n varkie wat ‘n maatjie soek soos hy.


Hierdie reeks boekies neem die leser op ‘n reis vol avonture saam met drie dogtertjies, Bianka, Janie en Tamsin deur die verskillende dele van die geheime koningkryk. Koning Kieliebaard en sy regterhand Trixie het ‘n groot probleem, wanneer koningin Gorina en haar stormkabouters nare weerligstrale orals wegsteek wat die koninkryk probeer verwoes. Kom lees saam hoe, Bianka, Janie en Trixie probeer om Koning Kieliebaard se verjaarsdagpartytjie te red of wat gaan hul doen aan al die wurms wat eenhoringvallei wil opvreet. En, o tog! Kan hul ‘n plan beraam om wolke eiland weer heel te maak…? Hulle moet planne maak, saam werk en dan het hul ook sommer hope pret! Hierdie reeks is geskryf vir jong verbeeldings en leer mooi waardes van maats wat mekaar help en wat positief bly selfs in moeilike situasies. Dit is mooi geskryf in maklike Afrikaans en is ideaal om as ‘n hoofstuk per aand voorgelees te word vir jonger kinders. Al die interessante karakters en plekke hou hul aandag sodat hul die volgende aand graag nog wil hoor. Hierdie is werklik skoon, oop leesstof wat die verbeeldingswereld aanwakker en ‘n liefde kweek vir lees by jong lesers, of selfs as voorgeleesde boekies vir nog jonger kinders.


Hierdie reeks vertel verhale van kabouters en feetjies en verskeie ander fantasie karakters wat in Droombos bly. Dit is stories wat die verbeelding prikkel en kinders tussen 3 en 9 jaar op ‘n avontuur reis sal neem.



Hierdie is ‘n langer boek wat handel oor die geskiedenis van Jan van Riebeeck waar hy vertrek uit Nederland tot sy aankoms hier aan die punt van Suid Afrika, maar uit die oogpunt van muis-familie wat saam met hom reis. Dit is geskik vir 4-jariges tot volwassenes en is ‘n skatkis van geskiedenis tesame met lekker lag stories van al die muise se mannewales.



Hierdie omnibus bevat twee oulike verhale van diere. Eerstens ‘n kameelperd en haar maats wat gaan oor dankbaarheid en dan Snuffel die hond wat graag ander help. Geskik vir 2 to 6-jariges, kort en kragtig.


Hierdie reeks boekies bevat 6 stories elk en is ideaal geskryf vir die ouderdomsgroep dogtertjies. Kleuters vind lekker aanklank by die stories omdat dit ‘n weerspieëling is van hul leefwêreld.

  • GSR deur Roald Dahl


Hierdie klassieke verhaal van die groot sagmoedige reus is ‘n langer boek wat hoofstuk per hoofstuk voorgelees kan word vir 4-jariges maar sal ook ‘n lekker self lees boek wees vir ouer kinders. Die reuseland bou hul verbeelding en is baie boeiend. Die reus se snaakse taalgebruik kan dalk verwarrend wees, maar met verduideliking is dit ‘n goeie manier om kinders betrokke te kry by die verhaal, hulle kan die reus reg help en brei ook hul eie woordeskat uit daardeur.


Hierdie is ‘n oulike reeks van feetjie maats wat op verskeie avonture gaan. Dit is minder prente en langer stories en sal veral vir dogtertjies tussen 3 en 8 jaar boeiend wees.

  • Matilda deur Roald Dahl (4 tot 12 jariges)


Nog ‘n klassieke boek wat definitief bietjie ouer kleuters en kinders se aandag sal trek. Die storie van die dogtertjie wat voorwerpe met haar oë kan beweeg is vol lekker lag oombllikke maar ook met ‘n dieper storie van liefde en omgee. Hierdie sal ook 'n oulike self lees boek wees vir jong lesers.


Zackie en sy maat Vincent het hope pret met allerdaagse uitstappies totdat Anton hulle pret probeer bederf. Anton is die boelie en doen aanmekaar lelike goed om die ander se pret te bederf. Maar elke keer maak Zackie ‘n plan om vir Anton ‘n les te leer en op sy plek te sit.


Alhoewel die tema van boelies aangespreek word, is die manier waarop die konflik en die boelie hanteer word nie volgens my die regte manier nie. Die boelie is gemeen, maar die teen reaksie van die held is dan ook baie keer gemeen en verkleinerend vir die boelie. ‘N Boelie word gestop deur terug te boelie. Ek sal ouers aanraai om die boeke saam met hul kleuters te lees en dan vrae te vra soos; is dit die regte manier om ‘n boelie te stop? Mag ons iemand verneder en vir hulle lag? Dink jy dis ‘n goeie plan as iemand met jou lelik is, om terug lelik te wees? Jong kinders sal maklik aanklank vind by hierdie stories, omdat dit in hul omgewing is en dieselfde is as hul werklikheid van elke dag. Maar daarom kan hul ook hierdie manier van konflik hantering direk toepas in hul werklike lewe en moet ons oppas dat die slagoffers nie dan leer hoe om self boelies te word nie.


Hierdie boek is deel van die Speelmaats-reeks waar maklike goeie lewenslesse vir kleuters geleer word. Dis oulike stories wat sosiale interaksie tussen maats aanmoedig en ook konflikhantering en goeie sosiale vaardighede aanmoedig. Hierdie reeks is ideaal vir 3 tot 7-jariges.


Hierdie boek is deel van die Wilde diere: Feite en geite reeks. Dit is vol feite oor olifante maar word deur 'n storie oorgedra wat kleuters se aandag vasvang terwyl hulle sommer 'n hele klomp feite leer!! Hierdie reeks sal veral aanklank vind by 4 tot 9-jariges.


  • Kom ons deel deur Vicky Schreiner en Bazooples (1 - 5 jaar)

'n Lekker harde blad boekie vir babas en kleuters wat hul leer hoe om te deel. Die boek verwys ook na Bybelverse wat dieselfde beginsels aanspreek.



Deel van die reeks: My eerste Voel en Vind. Hierdie harde blad boeke is ideaal vir babas en kleuters. Elke bladsy het lekker teksture en die dik bladsye maak dit maklik om te blaai vir kleintjies. Hierdie boeke is van die beste blootstellings boeke waarmee 'n liefde vir lees en boeke gekweek kan word.

Hierdie boek is vol afrikaanse volksliedjies. Daar is ook 'n CD by met al die liedjies assok die bladmusiek. Daar is ook nog boeke in die reeks met ander liedjies. Geskik vir alle ouderdomme. Mamma en Pappa sal ook lekker saam sing!

lewer kommetar
bottom of page