top of page

40 vrae vir Oupa en Ouma

Oupas en Oumas is kosbaar en hulle is vol wysheid wat kom saam met die grysheid. Hulle het groot geword in ‘n baie ander wêreld as waaraan ons gewoond is. Hulle is skatte vol inligting, stories en waarhede wat ons kan ontgin en waaruit ons kan leer! Laat jou kinders die volgende vrae vir ‘n Oupa en/of Ouma vra…


  1. Wanneer en waar is Oupa en Ouma gebore?

  2. Wat is Oupa en Ouma se volle name?

  3. Het Oupa en Ouma enige byname gehad iewers in jul lewe en hoekom?

  4. Waar het Oupa en Ouma groot geword?

  5. Wat is Oupa en Ouma se vroegste herinnering?

  6. Het Oupa en Ouma boeties en sussies?

  7. Wat het Oupa en Ouma as kinders gedoen vir pret?

  8. Wat was Oupa en Ouma se gunsteling vak op skool?

  9. Wat was Oupa en Ouma se gunsteling speelding?

  10. Hoe het Oupa en Ouma se dorp/stad anders gelyk as vandag?

  11. Watter tipe klere het Oupa en Ouma gedra (wat was in die mode?

  12. Waarvoor het Oupa en Ouma in die grootste moeilikheid beland?

  13. Hoe het Oupa en Ouma julle vakansies spandeer?

  14. Wat is die grootste verskille tussen groot word vandag en toe Oupa en Ouma groot geword het?

  15. Wat was Oupa en Ouma se eerste werk?

  16. Waar het Oupa en Ouma ontmoet?

  17. Wat is die mooiste of interessantste plek wat Oupa en Ouma ooit besoek het?

  18. Waar is Oupa en Ouma getroud en was Oupa en Ouma op wittebrood?

  19. Wat is Oupa en Ouma se gunsteling kos?

  20. Watter stokperdjies het Oupa en Ouma gehad toe julle jonk was?

  21. Het Oupa en Ouma in die kerk groot geword?

  22. Wat kan Oupa en Ouma onthou van Mamma of Pappa se geboorte?

  23. Wat was die lekkerste deel van ouerskap?

  24. Wat is die moeilikste deel van ouerskap?

  25. Wat het Mamma of Pappa gedoen wat Oupa en Ouma die meeste verbaas het?

  26. Wat het Mamma of Pappa gedoen wat Oupa en Ouma die kwaadste gemaak het?

  27. Wat is die grootste nuusgebeure wat Oupa en Ouma onthou?

  28. Wie was Oupa en Ouma se helde?

  29. Wat is die een ding wat uitstaan wat Oupa en Ouma al ooit bereik het?

  30. Wat is die grootste fout wat Oupa en Ouma ooit gemaak en en wat het jul daaruit geleer?

  31. Wat is die belangrikste eienskappe om te hê?

  32. Watter eienskappe moet ek voor soek in ‘n lewensmaat eendag?

  33. Wat is die grootste lewensles wat Oupa en Ouma my kan leer?

  34. Watter vaardighede het ek nodig vir ‘n gelukkige lewe?

  35. Watter raad het Oupa en Ouma vir my?

  36. Wat was Oupa en Ouma se gunsteling liedjie as jongmens?

  37. Wat is die lekkerste van Oupa en Ouma wees?

  38. Vertel asb vir my iets van Oupa en Ouma wat my sal verras?

  39. Wat is Oupa en Ouma se gunsteling Bybelvers?

  40. Leer asb vir ons 'n rympie of liedjie uit jul kinderjare?


Laai ons Vrae vir Ouma en Oupa speletjie hier af! Druk dit uit op papier of karton (jy kan dit lamineer of net so gebruik). Knip elke blokkie uit, gooi dit in 'n houertjie en maak beurte om 'n vragie te trek wat oupa en ouma moet beantwoord.


Vrae vir Ouma en_of Oupa______ - Sheet1
.pdf
Download PDF • 94KB


Luister na hulle stories en leer daaruit!! Geniet elke oomblik saam met Oupa en Ouma!!!


lewer kommetar
bottom of page