• Karyna le Roux

Ek hou van...

Ek hou van...

Ek hou van gediggies met ritme en rym Ek hou van blink liggies wat skitter en skyn

Ek hou van lekker liedjies wat almal saam kan sing Ek hou van goeie kiekies wat mooi herinneringe bring


Ek hou van middagstappies veral in die natuur Ek hou van vars sappies behalwe suurlemoensap – dis te suur!

Ek hou van borrelbad met lekkerruik skuim Ek hou van speel op die mat maar ek hou nie so baie van opruim


Ek hou van melkkos met baie suiker en kaneel Ek hou van sjokolade maar dis iets wat ek nie graag deel

Ek hou van kuier en gesels maar soms bly ek eerder stil Ek hou van diertjies met sagte pels maar ek is versigtig vir ‘n krokodil!


Ek hou van mooi musiek waarop ek kan dans en sing

Ek hou van ‘n goeie fliek veral as ek springmielies saam kan bring Ek hou van roomys op ‘n warm dag en ek hou daarvan om uit my maag te lag!

Ek hou vreeslik baie van lego’s en lugkastele bou maar eintlik hou ek die heel meeste net van jou!!


-Karyna le Roux


17 views0 comments

Recent Posts

See All
Stuur 'n boodskap
  • Facebook Black Round
  • Twitter Black Round

© 2020 MyGesin

Proudly created with Wix.com