top of page

Ete idees vir baba’s vanaf 6 maande


Toe my oudste ‘n paar maande oud was het my niggie vir my vertel van BLW (Baby Led Weaning.) Ek het dadelik begin oplees en besluit om dit te probeer.


Hierdie eet-benadering vir babas vanaf 6 maande beteken dat jou baba nie sagte/fyngemaakte/puree (tradisionele baba kos) eet nie. Hulle begin deur dadelik “normale” kos te eet in basiese vorm.


Ek het besluit om hoofsaaklik hierdie metode te volg vir die volgende redes:

  • Ons baba eet wat ons eet (sonder sout en suiker bygevoeg)

  • Jou baba word dadelik blootgestel aan 'n verskeidenheid teksture (met hulle mond en ook hande waarmee hulle die kos optel).

  • Jou baba leer dadelik om te kou (al is dit met hul tandvleise). Hulle sluk nie net soos wat hul doen met fyn baba kos nie.

  • Hul word vinnig blootgestel aan verskillende smake.

  • Hulle is deel van die eetproses, hul eet amper alles self.

  • Hulle leer vinniger om self eetgerei te hanteer.

  • Die optel van kos met hulle hande en vingertjies is goed vir hulle ontwikkeling

Baba’s leer deur te vat, te voel, te speel en te proe en hierdie metode lei daartoe dat die baba self voel en vat en verken.

Die enigste nadeel of uitdaging volgens my is dat BLW nogal morsig is. (Maar dit is maklik oorkombaar met die regte bybehore, later meer hieroor)


Ek volg nie die BLW metode uitsluitlik nie. (Daar is baie bronne vir BLW op die web, as jy presies daaroor wil oplees) https://solidstarts.com/baby-led-weaning/


Maar hier is hoe ek dit doen:


Ek begin op 6 maande met vaste kos soos aanbeveel deur die WGO, UNICEF en die American Academy of Pediatrics.


Volg die skakels om meer te leer van hoekom hulle aanbeveel dat babas eers op 6 maande begin met vaste kos en ook hoe om te weet of jou baba reg is vir vaste kos.




Vaste kos is ‘n groot aanpassing vir babatjies en ons weet aan die begin nie altyd hoeveel hulle gaan eet op ‘n dag nie. Om dus voorbereid te wees, het ek vir hulle "ekstra: fynerige kossies gemaak om die hand- en vingerkossies aan te vul as hulle nog honger is.

  • 500g se butternut gestoom tot sag , met ‘n vurk gemeng en plat gedruk (fyner gemaak, maar steeds met baie tekstuur en stukkies so groot soos ‘n ertjie ) ek voeg dan kaneelpoeier by en skep dit in klein bakkies van omtrent twee eetlepels per bakkie.

  • Dan skil ek ‘n sak appels of pere en stoom dit tot sag, maak dit ook fyner met ‘n vurk (nie baie fyn nie) en skep dit ook in bakkies.

  • Dan maak ek ook 'n pot gewone hawermout sonder sout en skep dit ook in klein bakkies.


Ek vries die pampoen, hawermout en appels en gebruik dit soos nodig. Haal elke oggend een bakkie uit en gebruik dit deur die dag saam met ander "gewone" kos om jou baba se etes aan te vul.


As ek die pampoen en appels gee, gebruik ek twee baba lepels. Een in my hand en die ander een in baba se hand met ‘n happie op. Hy kan dan self eet en tussendeur help ek met die ander lepel om iets in sy mond te kry. As ek net een lepel het, dan probeer my baba die lepel heeltyd gryp (met die twee lepels leer hy self?. Hy mors en speel lekker terwyl ek nogsteeds voer.


Nog kosse wat ek met ‘n vurk platdruk en per lepel gee:

Vurk-platdruk kosse

Avokado Piesang Gestoomde patats Gestoomde wortels Bloubessies en gestoomde ertjies(druk plat sodat skil breek en dit nie meer ‘n ronde “bal” is nie)

Dan kom ons by die meer direkte BLW metode. Hier gee ek verskillende kossoorte in lang vinger-vorm. My baba kan dit maklik self vashou en self na sy mond bring.


Hier is ‘n paar voorbeelde alles in vingerhappie grootte gesny:

Vinger kosse

Gestoomde wortel Gestoomde patats Gestoomde pampoen Piesang Avokado Baba omelette (omelette sonder sout) Baba plaatkoekies (piesang en eier) Roosterbrood met ‘n baie dun lagie grondboontjiebotter (Wenk: gebruik die sonder sout of suiker) Pynappel Lemoen Naartjie Brokkoli en blomkool Hoender Bees Vark


(Onthou asb dat seker kosse eers op seker ouderdomme gegee kan word, dit is die ouer se verantwoordelikheid om ouderdomsgepaste riglyne te volg.)

(Onthou asb geen heuning voor 1 jaar oud nie!!!! )

Lees hier meer oor die gevare van heuning vir baba's: https://solidstarts.com/?s=Honey+&swpmfe=0e0276024828fb343f2c804613c77689


Ek gee dan ook rys of pasta, maalvleis, roomkaas, yogurt en baba ryskoekies.


Ryspap het regtig min voedingswaarde, ek vermy dit eerder.


Ons baba eet regtig wat ons eet.

Hier is ‘n paar foto’s vir idees.



100-kosse-voor-1


Ek het ook besluit om met my 3de baba die 100-kosse-voor-1 uitdaging te probeer. Hierdie uitdaging behels om jou baba bloot te stel aan 100 kosse voor hul eerste verjaardag. Aartappels kan egter byvoorbeeld in verskillende vorme gegee word vir blootstelling aan teksture. Kliek hieronder vir ons lys van kosse wat ons al probeer het. Ek sal dit opdateer soos ons vorder. Hy is nou eers 7 maande.

100-kosse-voor-1-uitdaging


  1. Borsmelk!!!

  2. Hawermout

  3. Brokkoli

  4. Blomkool

  5. Wortel

  6. Butternut

  7. Lemoen

  8. Naartjie

  9. Hoender

  10. Beet

  11. Rys

  12. Pasta

  13. Roosterbrood

  14. Avokado

  15. Maalvleis

  16. Mozarella

  17. Jogurt

  18. Appel

  19. Vis

  20. Ertjies

  21. Mielies

  22. Piesang

  23. Roomkaas

  24. Suurlemoen

  25. Greenpepper

  26. Bloubessie

  27. Pynappel

  28. Eier

  29. Komkommer

  30. Uie

  31. Bacon

  32. Steak

  33. Snap peas

  34. Marie beskuitjies

  35. Kerrie

  36. Klapper

  37. Boontjies

  38. Boerewors

  39. Cheddar

  40. Kool

  41. Pulled pork

  42. Water

  43. Kaneel

  44. Peer

  45. Pannekoek

  46. Druiwe

  47. Grinadella

  48. Papaja

  49. Aarbeie

  50. Droë wors

  51. Ryskoekies

  52. Kapokaartappels

  53. Slap chips sonder sout

  54. Vark ribbetjie

  55. Kiwi

  56. Grondboontjiebotter

  57. Cashew neut smeer

  58. Swart bone

  59. Suurroom

  60. Nacho's

  61. Taco's

  62. Geel peppers

  63. Jelly

  64. Roosmaryn

  65. Haloumi

  66. Quinoa

  67. Lensies

  68. Masala

  69. Seldery

  70. Pruime

  71. Sampioen

  72. Knoffel

  73. Chives

  74. Bees kookvleis

  75. Pita

  76. Gemmer

  77. Calamari

  78. Groen peper

  79. Dadels

  80. Chia sade

  81. Flaxseed

  82. Grondboontjiebotter smoothies

  83. Naan

  84. Poppadums

  85. Botter hoender kerrie

  86. Pietersielie

  87. Swart peper

  88. Koriander

  89. Tamatie

  90. Rooibostee ysies

  91. Mostert

  92. Pomelo

  93. Guava

  94. Swart Olyf

  95. Provita

  96. Plaatkoekies

  97. Skaap kookvleis

  98. Biltong

  99. Agurkies

  100. Roomys



Bybehore wat die eetproses makliker maak


  • 'n Lekker gemaklike eetstoel. Ek verkies een van plastiek sonder enige materiaal sodat dit maklik skoonmaak.


  • 'n Groot borslap. (Die langmou borslappe is beskikbaar op takealot.)


  • Twee lepels, een vir speel en een vir eet 😉


  • 'n Bordjie met'n vassuig element sodat jou baba dit nie so maklik kan optel of omgooi nie anders sit die kos sommer direk op die stoel se skinkbordjie neer.


  • Honde om onder die eetstoel te staan en die vloer skoon te eet (want daar gaan baie op die vloer beland.)


  • Miltons sproei. Nadat ek die eetstoel skoon gemaak het en gewas het, spuit ek dit met Miltons en vee af met 'n lap om seker te maak dit is ekstra skoon en ontsmet.


Water

Vanaf 6 maande gee ek 'n klein bietjie water saam met etes. Ek hou van die 360 koppies, dit leer jou baba om aan die kant van 'n glas te drink.


Eet verwagtinge voor 1 jaar oud .


Moenie te veel verwag nie!


"Food before one is only for fun!"

Voor 1 is melk jou baba se hoofbron vir voeding. Kos is vir blootstelling, om gewoond te raak aan teksture en dit is aanvullend tot die melk .


Moet ook nie verwag dat jou baba vanaf 6 maande 3 etes per dag gaan eet nie. Doen dit stelselmatig, onthou dis net blootstelling!


Met BLW verwag baie mors, partykeer meer speel met die kos as eet en gee jou baba kans om self te verken.


Verstik


Baie ouers is bang vir dat hul baba gaan verstik omdat dit groter stukke kos is. BLW leer jou baba egter om van baie klein af te kou, babas het ook 'n baie goeie "gag" refleks wat hul help om nie te verstik nie. Volg die skakel om meer te lees daaroor.



Fangupo, et al. (2016). A Baby-Led Approach to Eating Solids and Risk of Choking. Pediatrics, 138(4), e20160772. DOI: 10.1542/peds.2016-0772. Retrieved October 8, 2021.



Allergene


Moderne studies wys daarop dat blootstelling vroeër aan allergene help dat kinders minder allergies is later. Lees meer hier daaroor.


Laastens moet elke mamma doen waarmee sy gemaklik is. Ek het met elke kind meer gemaklik geraak met BLW.


Lekker eet!!



(This page has been created with typically developing infants and children in mind. The information here is generalized for a broad audience and is for informational purposes only. If your child has underlying medical or developmental differences, including but not limited to prematurity, developmental delay, hypotonia, airway differences, chromosomal abnormalities, craniofacial anomalies, gastrointestinal differences, cardiopulmonary disease, or neurological differences, we strongly recommend you discuss your child’s feeding plan with the child’s doctor, health care provider or therapy team. The opinions, advice, suggestions and information presented in this article on eating and gagging are for informational purposes only and are not a substitute for professional advice from or consultation with your pediatric medical or health professional. If your child is having a health emergency, please call emergency services or your emergency medical resource provider immediately.)















lewer kommetar
bottom of page