top of page

Slegs R1320 vir 25 etes!!! R55 per ete!

Ek het in Augustus die eerste keer etes voorberei en gevries vir die hele maand vir ons gesin. Twee volwassenes, 2 kleuters en 'n baba. Dit het ons lewe verander. Lees meer hier daaroor.


Ek het besluit om dit weer te doen vir September, maar daar is ‘n paar goed wat ek anders gedoen het hierdie keer.


Die eerste geregte was alles een-bak geregte en ek het alles in lagies bo op mekaar geskep. Groente onder, dan vleis en dan stysel heelbo. My kinders hou egter nie daarvan as alles só gemeng is nie. Hulle eet beter as die vleis groente en rys apart op hul borde is. Ek het dit so probeer uitskep maar dit het nie so lekker gewerk nie. Dus het ek hierdie keer dit langs mekaar geskep en hopelik sal ek dit dan makliker apart kan uitskep.


Ek het ook ‘n bietjie verveeld geraak met van die disse omdat dit herhalend was en hierdie keer het ek dus ‘n groter variteit disse probeer maak.


Laastens het ek die vorige keer die souse ook gemaak en by gevoeg en gevries, maar ek het gevind dat die sous bietjie verdwyn en ek dan nog sous bygemaak het as ons dit opdien. Dus het ek hierdie keer nie souse bygemaak nie en sal ek dit slegs maak wanneer ons ‘n gereg gaan eet. Dit is gelukkig vinnig om te maak. Ek het wel die vleis aftreksel in klein bakkies gevries wat as basis vir die souse gebruik kan word.




My kinders is ook nie so lief vir uie nie, ek het dus die uie gebraai maar dit in aparte sakkies gevries wat ek ook dan kan uithaal en net vir my en my man kan byvoeg.




Ek het ook bakkies op takealot bestel wat afdelings het en wat gevries kan word en ook in die mikrogolf gebruik mag word. Ek het 10 gekoop om dit eers te probeer. 2 van die bakke is genoeg vir ons 4 as ‘n ete.




Hier is my disse of geregte vir September:


  1. Spaghetti Bolognaise x1

  2. Kerrie en rys x2

  3. “Pulled pork” met roerbraai groente en rys x2

  4. Beesvleis met soetwortels en rys x2

  5. “Pulled pork” met spaghetti x1

  6. Hoenderstukke (dytjies en boudjies) met rys en geroosterde butternut en beet x1

  7. Hoenderfilette met kapokaartappels en gemengde groente x2

  8. Hoenderstukke met pasta en brokkoli x2

  9. Hoenderstukke met blomkool en rys

  10. Aartappelgebak met spek x2

  11. Botter hoender kerrie met rys en salsa x2 (salsa apart gevries) (opdatering: die salsa is nie so lekker na dit gevries is nie, ek sal dit eerder vars maak)

  12. Maalvleis met rys en geroosterde butternut en beet x1

  13. Maalvleis en spek met gemengde groente en rys x1

  14. Maalvleis en spek met blomkool en rys x1

  15. Hoenderfillette met blomkool en rys x1

  16. Hoenderfillette met murgpampoentjies en rys x1

  17. Pulled pork pita broodjies x1 ete

  18. Maalvleis met uie en tamatie en rys x1



Kostes


25 etes vir slegs R55 per ete!!! Totaal R1320.91


Bestanddele:


2 kg maalvleis

12 x Hoenderfillette

1kg spek

500g pasta

2kg rys

3kg gevriesde groente (gemengde groente, butternut en beet, stirfry)

10 uie

3 tamaties

Kerrie en speserye na smaak

2 pakkies potato bake

1 brokkoli

1 blomkool

13 aartappels

8 hoenderdye sonder bene

1kg beesgoulash

1.4kg vark fillet

20 hoenderstukke

2 x Butter chicken curry sous

1 pakkie pita broodjies

3 wortels

4 pakkies soppoeier

4 pakkies souse



Ons sien uit om hierdie maand nog lekkerder te eet (veral omdat ek nie ure per dag voor die kospotte gaan spandeer nie).



Opdatering: Die foto hieronder nadat ek dit opgedis het vir aandete. Dit is soet en suur hoender met kapokaartappels en gemengde groente, dit is meer as genoeg vir ons 5, daar het nog hoender oorgebly vir more se hoendermayo wraps!!



Laat weet ons gerus of jy ook etes vooruit maak. En of jy miskien ons plan al probeer het?


Maak jy vooraf etes en vries dit?

  • 0%Nee, ek het nog nooit nie

  • 0%Ek het al probeer, maar dit het nie gewerk nie

  • 0%Ja, ek doen dit al 'n geruime tyd lank

You can vote for more than one answer.




lewer kommetar
bottom of page