Image-empty-state.png

Karyna le Roux

Karyna is gebore in Thabazimbi en het grootgeword op 'n plaas naby Potgietersrus. Sy voltooi haar skoolloopbaan in 2005 aan die CVO-skool Potgietersrus. Sy studeer Menslike Bewegingskunde en Psigologie aan die NWU Potchefstroomkampus. Sy doen haar Honneurs in Kinderkinetika in 2009 en verwerf ook 'n Meestersgraad in Kinderkinetika.

Karyna is getroud met Pieter le Roux, predikant van die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort in Pretoria. Hulle het 5 kinders. Karyna hou van lees, skryf, oefen, goeie koffie en donker sjokolade.