top of page

Oupa en Ouma

‘n Oupa en ouma is ‘n wonderlike ding.

Dis hulle wat vir kinders versies leer en liedjies sing.

Hulle gee lekkers en drukkies - eweveel.

Terwyl hulle saggies oor kinderkoppies streel.

By ouma kan jy kuier, tee drink en koekies eet – soveel as wat jy wil hê!

Want vanaand is jy mamma se probleem as jy nie wil gaan lê.

By oupa kan jy kettie skiet, op sy skoot sit en met sy flits speel.

En saam kan julle lekkers uit die kas “steel”.

‘n Ouma is lekker sag en maak heerlike kos.

‘n Oupa ken stories en sê net soms ek moet sy goed uitlos.

Dis lekker om ‘n oupa en ouma te hê.

En nog lekkerder om ‘n gediggie oor hulle op te sê!

Oupas en oumas maak kinders se lewe ryk en vol.

Julle is lief vir ons, bederf ons en laat ons in die rondte van vreugde tol.

Grys strepies in die hare, plootjies van kennis deur die jare,

monde sonder regte tande

en lekker vashou-hande.

Altyd iets wat vreugde bring

soos banke en beddens waarop ons maar mag spring!

Koekies in die kas,

en altyd iets lekkers in die handsak of tas.

Oupa, ouma – ons is lief vir julle

Al dra julle brille en drink baie pille!


Karyna le Roux

Desember 2019

lewer kommetar
bottom of page