top of page
Mother and Son

HuisVolHart

Vir moeders deur moeders
     oor 
Vol huise, vol harte, vol liefde...
YellowCircle_edited.png
Furry Hearts

WAAROM HUISVOLHART ?

logo alleen_edited.png

Ons almal het huise. En ons maak almal ons huise vol met verskillende dinge. Maar daar is een ding wat jy in elke huis sal vind. Harte. Ons almal se huise is vol harte. En in ons huise groei harte, bloei harte, sing harte, huil harte, word nuwe harte gebore en verloor ons ook soms harte. Die belangrikste egter, is dat ons huise gevul moet word met vol harte. En ons kan baie meer effektief ons huismense se harte volmaak as ons dit doen vanuit die oorvloei van ons eie harte.

Cozy Living Room

Hallo

Hallo. Ek is Karyna le Roux. Ek het een man en 5 kinders. Ek is 'n vrou, ma, sussie, vriendin en ook 'n Kinderkinetikus en 'n dominee se vrou. Ek hou daarvan om te skryf om sodoende my gedagtes en emosies uit te druk. Ek hou ook daarvan om te deel (nie my sjokolade nie, maar wel alles wat ek al geleer het). Ek is mal oor oefen, kinders, goeie koffie en sjokolade.

Ek wou al lankal sommer net alles wat ek al geleer het oor ma-wees, vrou-wees en Christen-wees met ander vrouens deel.  Welkom by Huisvolhart, waar jy met jou voete op die bank mag sit, 'n koppie koffie mag geniet en so bietjie saam te kom deel in die vreugdes en vrese van moederskap en vrou-wees.

Hallo, ek is Innecke. 'n Vrou, mamma, vriendin, rekenkundige en dominee-vrou. Ek hou van lees, skryf, sjokolade, kinders en kuier. My grootste passie is om my kinders groot te maak. Ek hou van orde en vooruit beplan. Welkom by Huisvolhart. Hier gee ek jou 'n kykie in my lewe en ek hoop jy kan net so baie leer soos wat ek die afgelope 6 jaar geleer het.

Subscribe op blog

Teken in op ons nuusbriewe om eerste ons nuutste plasings te ontvang

Dankie dat jy ingeskryf het

bottom of page