Maak self hierdie oulike pad vir karretjies
Ek het altyd ‘n lys van planne en idees vir selfdoen projekte in en om die huis.
Gewoonlik soek ek die prentjies en my man moet die opdragte uitvoer.
Maar hierdie keer was dit so maklik, ek kon dit sommer self doen.

Karretjies speel, paaie bou, modder, sand en water. Dit klink soos ‘n wen-kombinasie om al die kinders, van klein tot groot, besig te hou! En jy kan sommer hierdie karretjie-paadjie inspan vir grootmotoriese aktiwiteite ook!!
Dis is ‘n lekker buite- en binne-aktiwiteit.
Benodigdhede
‘n Paar rondlê plankies of afval hout.
Swart verf
Wit verf
“Glaze" of seëlaar
Kinders en karretjies om die projek mee af te rond
Maak so
Vee die plankies mooi skoon (skuur indien nodig om splinters te voorkom)
Verf die plankies swart
Wanneer dit droog is, verf die wit lyne
Wanneer die lyne droog is, verf dit met die “glaze of sealent”
Soek ‘n plek in die tuin (of in die huis) waar hulle kan speel..
Só maklik soos dit…. Speeltyd!!!
Voordele van karretjies speel vir kleuters:
Fyn motoriese ontwikkeling
Verbeelding en kreatiewe ontwikkeling
Kommunikasie- en taalvaardighede
Kognitiewe ontwikkeling
Hand-oog koördinasie
Interaktiewe spel saam met ander maatjies
Sosiale vaardighede
Bilaterale koördinasie en midlynkruising
Balans
Ons kinders het met radio-beheer karretjies gekyk wie kan die langste op die baan bly

Ons het ook die aktiwiteit so bietjie aangepas en verander in 'n grootmotoriese aktiwiteit

Dit oefen:
Balans
Beplanning
Ruimtelike oriënterting
Oefen dit so:
Loop vorentoe
Loop dan agtertoe
Loop met toe oë
Loop hakkie-toon