top of page

Speel telefoontjie

Ons was die afgelope week op die plaas by oupa en ouma. Ons kinders se niggies en nefies was ook daar. Ek hoor ñ gegiggel in die kombuis met etenstyd (ons is te veel mense om almal in een vertrek te eet as ons op die plaas is). Toe ek by die kombuisdeur inloer, is almal van 2jaar tot 10jaar besig om telefoontjie te speel.


Telefoontjie is 'n prettige en eenvoudige speletjie. Speel dit oor en oor om jou kinders vir ure besig te hou, terwyl jy sommer hulle help om hulle ouditiewe diskriminasie, geheue, woordeskat en kreatiwiteit te verbeter!

Maak so:

  • Sit langs mekaar. Die persoon op een van die punte dink aan 'n woord en fluister dit in die oor van die persoon langs hulle.

  • Die persoon luister dan weer op hul beurt na die woord, en fluister wat hulle gehoor het in die oor van die volgende persoon.

  • Dit hou so aan tot almal 'n beurt gehad het.

  • Die laaste persoon sê dan wat hulle gehoor het.

  • Vergelyk die woord wat gesê is met dit wat gehoor is.

  • Begin elke keer by iemand anders sodat elkeen 'n beurt kry om 'n woord te kies.


Maak dit meer pret deur die volgende te doen:


  • Die woorde moet almal met die selfde letter begin

  • Dit moet ñ dier wees

  • Die woorde moet ñ samevoeging van 2 woorde wees

  • Die woord moet jou verhoognaam wees as jy ñ bekende sanger word eendag

  • Dit moet ñ kossoort, voertuig maak of liedjie wees

Lekker speel!!




lewer kommetar
bottom of page