top of page

Wat eet ons vanaand?

Maak dit jou gek om elke dag te dink en te besluit wat om vir ete te maak. As ek inspirasie soek en my man vra, dan is sy antwoord: "Enigiets ". Dit help natuurlik niks nie!!!


Maar nou hoef ek nie meer te dink en te wonder en te beplan elke dag nie. Ek het meer tyd, minder skottelgoed en baie minder frustrasie en ons eet lekker en gesond!!!


Dit is die 3de maand wat ek op een dag etes kook vir die hele maand. Lees hier meer van die eerste en tweede keer wat ek dit gedoen het. (die voordele, nadele, kostes, bestanddele en hoe dit ons lewens verander het)


Elke maand leer ek wat werk en wat nie... ek probeer ook elke keer nuwe geregte en disse.


Ek het hierdie maand nie so baie etes gekook nie, ons het nog 'n paar disse oor van September en ons kry ook familie wat later die maand by ons kom kuier en dan sal ek die spyskaart bietjie aanpas.


Ek maak die souse eers die aand wat ons dit eet.


Maar hier is my disse en geregte vir Oktober:


  1. Brokkoli, blomkool, hoenderpasta x 2

  2. Groenboontjies met gebakte aartappels en hoenderstukke x 2

  3. Lemoenpampoentjies met kaneel, gebakte aartappels en hoenderstukke x 2

  4. Spek, uie en kaas pastagereg x 2

  5. "Pulled Pork" pasta met heuning en mostert soetsuur sous x 1

  6. Beeskookvleis met patats en rys x 2

  7. "Pulled Pork" met patats en rys

  8. Bacon en kaas quiche x 1

  9. Botter hoenderkerrie x 2

  10. Boontjiekoekies

  11. Koolkoekies

  12. Murgpampoentjie tert


(Die laaste 3 is as bygeregte, as ons braai dan het ek sommer reeds iets om saam met die braaivleis te eet)


Laat weet gerus in die kommentaar as jy ñ slim plan het vir voirafgemaakte etes.





Het jy al vooruit gekook?

  • 0%Ja, gereeld, dit werk goed vir ons.

  • 0%Ja, maar dit werk nie vir ons nie.

  • 0%Nee, nog nie, maar ek wil graag.

  • 0%Nee


lewer kommetar
bottom of page