Mother and Son

HuisVolHart

Vir moeders deur moeders
     oor 
Vol huise, vol harte, vol liefde...
YellowCircle_edited.png
logo alleen_edited.png

WAAROM HUISVOLHART ?

Ons almal het huise. En ons maak almal ons huise vol met verskillende dinge. Maar daar is een ding wat jy in elke huis sal vind. Harte. Ons almal se huise is vol harte. En in ons huise groei harte, bloei harte, sing harte, huil harte, word nuwe harte gebore en verloor ons ook soms harte. Die belangrikste egter, is dat ons huise gevul moet word met vol harte. En ons kan baie meer effektief ons huismense se harte volmaak as ons dit doen vanuit die oorvloei van ons eie harte.

Hallo. Ek is Karyna le Roux. Ek het een man en 5 kinders. Ek is 'n vrou, ma, sussie, vriendin en ook 'n Kinderkinetikus en 'n dominee se vrou. Ek hou daarvan om te skryf om my gedagtes en emosies uit te druk. Ek hou ook daarvan om te deel (nie my sjokolade nie, maar wel alles wat ek al geleer het). Ek is mal oor oefen, kinders, goeie koffie en sjokolade.

Ek wou al lankal sommer net alles wat ek al oor ma-wees, vrou-wees en Christen-wees geleer het met ander vrouens deel. Toe my ma in 2020 oorlede is, het ek 'n stukkie geskryf om so bietjie my hart te deel en my emosies en gedagtes te orden en toe sommer besluit om 'n blog te begin.

Hallo, ek is Innecke. 'n Vrou, mamma, vriendin, rekenmeester en dominee-vrou. Ek hou van lees, skryf, sjokolade, kinders en kuier. My grootste passie is om my kinders groot te maak. 

Waar het alles
begin ?

logo alleen_edited.png
 

Teken in op ons nuusbriewe om eerste ons nuutste plasings te ontvang

Dankie dat jy ingeskryf het